Aussie het Nadal in visier

2011-01-21 07:56
Tweets Share Share line Print

Melbourne. – Kort nadat Rafael Nadal Donderdag met ’n kragvertoning sy teenstanders hier in die Australiese Ope gewaarsku het, het die promotorskeuse Bernard Tomic gesê hy is slaggereed om ’n einde aan die Rafa Slam te bring.

Die eerste gekeurde, Nadal, het die Amerikaner Ryan Swee­ting met 6-2, 6-1, 6-1 in die tweede ronde ’n tennisles geleer en sy opmars na ’n vierde agtereenvolgende Grand Slam-sege voortgesit.

Volgens dié Spanjaard het hy nie meer las van die virus wat sy voorbereiding vir die Aussie-ope belemmer het nie.

Nadal probeer om die eerste speler sedert 1969 te word wat vier Grand Slam-titels agtereenvolgens wen. Omdat dit nie in een kalenderjaar is nie, het die media dit die Rafa Slam gedoop.

“Elke dag voel ek beter. Ek het volkome herstel,” het Nadal, wat al sedert die Franse Ope 23 agtereenvolgende Grand Slam-wedstryde gewen het, gesê.

Die 18-jarige Tomic, ’n Australiër, is sy teenstander in die derde ronde en dié tiener is gewis nie op sy bek geval nie.

Tomic het Nadal se landgenoot Felicano Lopez, wat 168 plekke bo hom op die wêreldranglys is, met 7-6, 7-6, 6-3 geklop.

“Ek het niks om te verloor nie. Ek gaan nie op die baan stap om te verloor nie. Ek gaan speel om te wen. Ek het ’n ideale geleentheid. Ek dink nie hy (Nadal) hou van my spel nie. Die manier waarop ek dinge afwissel, gaan hom pla,” het Tomic gesê.

Andy Murray van Skotland (4de gekeur), het sy plek in die volgende ronde bespreek met ’n sege oor Illya Marchenko van die Oekraïne. Die telling was 6-1, 6-3, 6-3. Toe Murray sy oorwinning beklink het, het dit meer gelyk soos feesvieringe by ’n sokkerwedstryd.

“Die atmosfeer op dié baan (die Margaret Court-arena) is van die beste in tennis,” het Murray gesê oor die 6 000 luidrugtige ondersteuners.

“Dit is baie lekker om in die Aussie-ope te speel. Dit gee jou ekstra energie. Ek sal nie omgee om al my wedstryde hier te speel nie.”

Swede se Robin Soderling het die eerste keer in sy loopbaan die derde ronde hier gehaal. Hy bou voort op sy goeie peil in 2010 toe hy die eindstryd van die Franse Ope en die kwarteindronde in die Wimbledon-toernooi en die Amerikaanse Ope gehaal het.

Die gunsteling om met die vroue-titel weg te stap, Kim Clijs­ters, het Carla Suarez Navarro van Spanje met 6-1, 6-3 van die baan gevee.

In teenstelling met die selfversekerde Clijsters moes die Rus Vera Zvonareva (2de), spook om die derde ronde te haal. Bojana Jovanovski van Serwië het haar met 6-2 skrikgemaak voor sy met 6-3, 6-1 gewen het

Jelena Jankovic (7de) is uitgeskakel. Pen Shuai van China het die Serwiër met 7-6, 6-3 geklop.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Reuters

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Multitronic 7-sp MY05
2006
R 226,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.