Aus-swemheld ontken terugkeer
2010-05-04 21:34
London – Die Australiese swemheld Ian Thorpe het berigte dat hy sy terugkeer tot kompeterende swem gaan maak, ten sterkste ontken.
Die Daily Telgegraph het Maandag berig dat die Australiër tans oefen om aan die 2010 Olimpiese Spele in Londen deel te neem, maar Thorpe het ‘n verklaring uitgereik waarin hy dié bewering ontken.
“Ek het geen behoefte om terug te keer na kompeterende swem nie,” het Thorpe in sy verklaring gesê.
“My posisie by die perskonferensie in 2006 waar ek my uittrede aangekondig het, het nog nie sedertdien verander nie.
Thorpe (27) studeer tans taal- en sielkunde in Australië.
Hy het 11 wêreldtitels en 13 individuele wêreldrekords opgestel, voor hy in November 2006 na 10 jaar as professionele swemmer uitgetree het.
- AP