Aus-fietstoer skop af
2010-01-19 12:45
Adelaide, Australië - 'n Duitse fietsryer, Andre Greipel van die Columbia-span, het die eerste skof van 141 km in die Tour Down Under-fietstoer in Australië gewen.
Lance Armstrong, wat vir die RadioShack-span ry en in die middel van die peloton geëindig het, het die skof as "redelik rustig" beskryf.
Die Suid-Afrikaner Daryl Impey, ‘n spanmaat van Armstrong, maak sy buiging in vanjaar se Tour Down Under, wat oor ses dae strek.
Vir meer oor dié fietstoer en volledige resultate van die eerste skof, kliek hier.