Aus Ope: Groot kanonne deur na laaste vier
2012-01-25 15:27
Melbourne – Die verdedigende kampioen Novak Djokovic het die vyfde gekeurde David Ferrer Woensdag met 6-4, 7-6 (4), 6-1 geklop om na die halfeindronde van die Australiese Ope deur te dring.
Djokovic se spelpeil het verswak in die tweede stel, maar hy het homself reggeruk om 'n plek in die halfeindronde teen Murray te bespreek asook 'n herhaling van verlede jaar se Austaliese Ope-eindstryd.
Donderdag speel die tweede gekeurde Rafael Nadal teen Roger Federer (4), wat vier van sy 16 Grand Slam-titels by Melbourne Park gewen het.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- AP