Dit het die 31-jarige Federer drie ure en 34 minute geneem om Tsonga 7-6, 4-6, 7-6, 3-6, 6-3 te klop.

Die sewentienmalige Grand Slam-kampioen se volgende opponent is die Amerikaanse Ope-wenner Andy Murray, wat die ongekeurde Fransman Jeremy Chardy in skoon stelle geklop het.

In die ander halfeindwedstryd pak Novak Djokovic die Spanjaard David Ferrer.

Albei wedstryde word Vrydag in Melbourne gespeel.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.