Atletiek-vonke spat

2010-02-24 12:16
Tweets Share Share line Print

Wilhelm de Swardt

Pretoria - Setone Tshamano, wat op die eerste Geelbladsye-atletiekbyeenkoms in Port Elizabeth vir die beste prestasie gesorg het toe hy die 5 000 m in 13:25.51 gewen het, wil Vrydagaand in Durban in die 1 500 m wéér vir vuurwerk sorg.

Lungile Dikwani, afrigter, voorspel dat Tshamano in staat is om 3:36.00 te hardloop. Verlede jaar was sy beste tyd in dié nommer 3:38.29.

“Alles sal natuurlik daarvan afhang van wat die ander atlete se planne is. As dit ’n taktiese wedloop gaan wees, sal die wentyd uiteraard stadiger wees.

“As afrigter kan ek maar net hoop dat dit ’n herhaling gaan wees van wat in Port Elizabeth gebeur het toe Setone, Elroy Gelant en Stephen Mokoka mekaar enduit die stryd aangesê het.”

Gelant was toe tweede in 13:25.88 en Mokoka derde in 13:27.22.

Dit was die vinnigste tye in langer as drie jaar in ’n plaaslike 5 000 m.

Dikwani skryf die oplewing toe aan Juan van Deventer se skittervertonings die laaste paar weke op binnenshuise byeenkomste in Europa en die van Johan Cronjé en Peter van der Westhuizen van verlede jaar.

Van Deventer het twee weke gelede in Gent, België, die Suid-Afrikaanse binnenshuise rekord in die 1 500 m tot 3:36.96 verbeter.

“Juan is die hele tyd besig om nuwe maatstawwe vir ons jong atlete daar te stel. Hulle begin nou besef dat as hulle bereid is om hard te werk, is enigiets moontlik,” sê Dikwani.

Jean Verster, Gelant se afrigter, meen as Van Deventer in Gent teen dieselfde pas buitenshuis sou hardloop, was die kans goed dat hy Johan Landsman se SA rekord van 3:33.56 sou verbeter het.

“Jy hardloop maklik 3 tot 4 sekondes vinniger in die buitelug,” het Verster verduidelik.

Hy wys daarop dat daar beslis ’n oplewing in middelafstand-atletiek is.

“Verlede jaar het nege atlete tye vinniger as 3:40.00 in die 1 500 opgestel. Vergelyk dit met 2008 toe net drie atlete dit kon regkry.”

Verster maan dat die atlete nie in elke wedloop skittertye sal kan hardloop nie.

“Ek dink een van die groot tekortkominge in Suid-Afrikaanse atletiek is die feit dat ons nie van pasaangeërs in middelafstand-wedlope gebruik maak nie.

“Veral by wedlope aan die kus kan dit ’n groot verskil maak.”

Mbulaeni Mulaudzi, die 800 m-wêreldkampioen, neem ook Vrydag aan die 1 500 m deel.

Van Deventer gaan glad nie deelneem nie: “Ek wil nie aan ’n 1 500m in die buitelug hardloop voor die Binnenshuise Wêreldbyeenkoms in Katar nie afgehandel is nie.

“Ek sal miskien op die Geelbladsye-byeenkoms in Potchefstroom aan die 3 000 of ’n 5 000 deelneem.”

Die SA span wat aan die Binnenshuise Wêreldbyeenkoms deelneem, word glo Vrydag bekend gemaak.

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: atletiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Multitronic 7-sp MY05
2006
R 226,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.