Atletiek SA hét toe geweet

2009-09-12 09:38
Tweets Share Share line Print

Wilhelm de Swardt en Sarel van der Walt

Atletiek Suid-Afrika (ASA) het vóór Caster Semenya se vertrek na die Wêreld-atletiekbyeenkoms in Duitsland reeds geweet dat sy ’n mediese toestand het wat haar prestasie in die gedrang sou kon bring.

Sy het in opdrag van ’n ASA-beampte op 7 Augustus in die Medforum-hospitaal in Pretoria ’n soortgelyke geslagstoets ondergaan as die een waaraan sy later in Duitsland onderwerp is, het Beeld betroubaar verneem.

ASA hou voet by stuk so ’n toets is nooit gedoen nie, hoewel dit gedoen is op versoek van die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF).

Die Pretoriase toetsuitslae is nogtans nooit aan die IAAF deurgegee nie, het Nick Davies, woordvoerder van die IAAF, gesê.

“Dalk het ASA geskrik vir die uitslae (van die Pretoria-ondersoek).”

Beeld het op goeie gesag verneem dr. Harold Adams, ASA se spandokter wat glo teenwoordig was toe die toets in Pretoria gedoen is, het kort voor die Wêreldbyeenkoms ’n versoek gerig tot Leonard Chuene, president van ASA, om Semenya eerder aan die byeenkoms te onttrek.

Chuene het geweier.

Adams het volgens inligting voor die einde van die Wêreld-byeenkoms reeds na Suid-Afrika teruggekeer en is die afgelope drie weke reeds onbereikbaar.

Semenya is glo voor die halfeindronde van die 800?m by die Wêreld-byeenkoms deur ASA genader en gevra of sy nie kan voorgee sy is beseer nie. Sy het geweier.

Net voor die eindronde het Semenya wéér ’n volledige toets – wat deur die IAAF laat doen is – ondergaan. Sy het later in mediaberigte vasgestel waaroor die toetse gegaan het, het Beeld se bron gesê.

Die uitslag van die Pretoria-toets is glo feitlik dieselfde as wat later by die ondersoek in Berlyn bevind is en wat nou wêreldwyd opslae maak. Daarin is óók bevind sy het nie ’n baarmoeder of eierstokke nie.

Semenya het glo ná die toetse aan vriende gesê sy is “gescan”, maar het nie geweet hoekom nie.

’n Woordvoerder van die Medforum-hospitaal wou nie bevestig dat Semenya in dié hospitaal ondersoek is nie.

Makhenkesi Stofile, minister van sport en ontspanning, sou gistermiddag ’n brief aan die IAAF stuur en bewyse van die uitslae van die IAAF se toetse aanvra.

“Ons wil afskrifte daarvan hê sodat Suid-Afrikaanse wetenskaplikes dit onafhanklik kan ondersoek,” het hy gesê.

Stofile het ook gesê hy wil hê ASA moet sy rol in die Semenya-sage aan hom verduidelik.

Die IAAF het gister in ’n verklaring daarop gewys die toetsuitslae wat eergister aan ’n koerant in Australië gelek is, is nie die amptelike bevindings van die toetse wat in Berlyn op Semenya gedoen is nie.

Semenya, wat haar intussen aan vandag se SA veldloopbyeenkoms in Pretoria onttrek het, is volgens Beeld se inligting “verslae” oor al die nuwe feite rondom haar.

’n Dokter sou gister aan haar verduidelik wat “hermafrodities” en ander mediese terme beteken.

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: asa  |  caster semenya  |  sport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline MY05
2007
R 135,990.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX Dsl PU MY07
2012
R 319,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.