Atlete ruk op teen ASA

2009-11-06 15:12
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Top Suid-Afrikaanse atlete en 'n nasionale afrigter het opgeruk teen Atletiek Suid-Afrika (ASA) oor beweerde onbevoegtheid.

Baie van die kritiek in 'n gesamentlike verklaring draai om die spanbestuurders by die Wêreldkampioenskappe wat in Augustus in Berlyn gehou is, die ASA-president, Leonard Chuene se persoonlike assistent, Humile Bogatsu, en ASA se geleentheidsbestuurder Phiwe Mlangeni-Tsholetsane.

Chuene, Bogatsu en Tsholetsane is Donderdag saam met ander ASA-werknemers, raadslede en die algemene bestuurder, Molatelo Malehopo, deur Suid-Afrika se Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Sascoc) geskors vir die hantering van die Caster Semenya-saga.

'n Groep werknemers van ASA wat geskors is kruip nog weg, maar sentrale figure in die Semenya-debakel het Vrydag geweier om Vrydag kommentaar te lewer. Daar is vroeër berig dat hulle Vrydag sou vergader om dié situasie te bespreek.

Van die atlete, waaronder  Paul Gorries, Magda Botha, die span se naelloopafrigter, en Nicolene Cronje, Suid-Afrika se eerste vroulike stapper by die Olimpiese Spele in Athene in 2004, het ASA van rassisme en wanbestuur beskuldig.

Cronje, wat weens chroniese moegheidsindroom (CMS) sedert 2007 nie meer deelneem nie, sê Malehopo het haar in 2007 by die Junior Wêreldkampioenskappe in Kingston, Jamaika aangerand.

"Molatelo Malehopo het my, Snowy Matthews en Magda Botha eenkant geroep en sy humeur verloor. Hy het my telekemale in my gesig geklap. Snowy moes tussen ons kom om hom te keer."

"Die volgende dag het Leonard Chuene my geroep en gevra wat gebeur het. Ek het hom vertel en sy woorde aan my was: 'My kind, as jy dit ooit vir jou familie of die media sê, is jou atletiekloopbaan daarmee heen. Ons maak of dit nooit gebeur het nie'."

Cronje het gesê sy het gehoop om weer deel te neem, maar was bekommerd oor die stand van die sport.

"Daar is so baie wat in Suid-Afrikaanse atletiek gebeur en ek is nie seker of ons ooit die waarheid sal hoor nie," het sy gesê.

"Borge onttrek, goedkoop klere word aan atlete gegee, geld verdwyn, atlete word sleg behandel...en die lys gaan aan."

'n Atleet wat ook in Berlyn asook die 2004 en 2008 Olimpiese Spele deelgeneem het, wat anoniem wil bly, het gesê vanjaar se Wêreldkampioenskappe "was die ergste ooit".

Die atleet sê daar was "geen kommunikasie" van die bestuur nie.

Botha het op haar beurt gesê die spanbestuurders het geen ondervinding nie.

Sy het gesê die toetse wat op Semenya gedoen is, is "heeltemal verkeerd" hanteer en dat Chuene, wat later sy leuens erken het, die span probeer dwing het om die bestuur se gemors toe te smeer.

"In die laaste vergadering voor ons terugkeer het Leonard ons probeer oortuig dat die atletiekspan die beste bestuur in die geskiedenis van ASA het. Hy het gesê as ons 'n probleem het, moet ons onthou dat ons 'n familie is en dat 'n familie nie uitpraat nie."

"Dit was duidelik wat probeer sê - dat niks van Berlyn met enigeen bespreek moet word nie."

Gorries, wat aan die 4X400m-aflos in Berlyn deelgeneem het, het gesê, "hulle was magsbehep - wou heeltyd vir die atlete wys wie is baas".

"Phiwe weet niks van atletiek nie. Haar kommentaar het dit duidelik uitgewys. Hendrick (Mokganyetsi, spanbestuurder) was aggressief teenoor almal en het baie verkeerde besluite gemaak."

"Humile is niks meer as 'n sekretaresse nie. Sy weet niks oor hoe om 'n span te bestuur nie. Sy is ook heen en weer tussen Duitsland en Suid-Afrika op ASA se onkoste gevlieg (om eksamen te skryf)."

"Ons is gestraf omdat ons volgens hulle nie vir Caster ondersteun het nie, maar nie een van hulle was by Khotso (Mokoena) of Mbulaeni (Mulaudzi) se medaljeseremonies nie."

– Sapa



 

Lees meer oor: skandale  |  atletiek  |  asa

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Dante sê... Ag, Sweet.......... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 160i 5-dr
2003
R 69,990.00

TOYOTA

Auris 2.0 XD 5-dr
2011
R 229,000.00

PEUGEOT

307 XS 2.0 AT 5-dr MY05
2006
R 89,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.