Atlete kry heldeontvangs
2009-08-25 09:42
Johannesburg – Suid-Afrika se atlete wat aan die Wêreldkampioenskappe in Berlyn deelgeneem het, het ’n heldeontvangs gekry met hul terugkeer aan die land.
Die groep het Dinsdag by die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg aangekom.
Basdromme het hard gespeel en die skare se opgewondheid was onblusbaar.
Duisende mense het by die lughawe saamgedrom en sommige het oor die relings geleun om die atlete te sien.
Noluthando Mayende-Sibiya, nasionale minister van vroue, jeug, kinders en gestremdes, was een van vele mense wat die atlete by die lughawe verwelkom het.
“Ek is hier om ons span te ondersteun het om te sê halala aan ons drie helde.”
Terwyl die minister met Sapa gepraat het, het luide krete van vreugde van die ander kant van die terminaal weergalm toe die nuwe sporthelde die ontvangsaal binnestap.
– Sapa