Atlete is moeg vir politiek

2009-10-05 06:34
Tweets Share Share line Print

Wilhelm de Swardt

Pretoria - Suid-Afrikaanse atlete is moeg vir politiek in hul sport.

Dié sentiment het eergister op die spesiale atletevergadering in Pretoria baie duidelik opgeklink.

Gert Thys, die Suid-Afrikaanse rekordhouer in die marathon, sê dit is verkeerd dat sportleiers soos Leonard ­Chuene, ­voorsiter van ­Atletiek ­Suid-Afrika (ASA), ­deur ANC-politici beskerm word.

“Iemand soos Chuene moet polities totaal onafhanklik wees en net dié sport dien.

“Maar dit gebeur nie. Daar is te veel politici in sport en dit benadeel sport. Dit is een van die redes waarom daar nie sinvolle ontwikkeling op grondvlak in Suid-Afrikaanse atletiek plaasvind nie.”

Thys en verskeie ander gekleurde atlete was eergister ook erg omgekrap dat mnr. Hendrik Mokganyetsi, ASA-raadslid, die vergadering probeer ontwrig het deur uit te maak dat dit rassisties is.

“Dit is snaaks dat dit ’n rasse-aangeleentheid word elke keer wanneer wit mense probeer om hul mening oor ’n probleem in sport te lig.

“Saterdag se vergadering het niks met ras uit te maak nie. Ons was ’n klomp atlete wat bymekaar gekom het omdat ons almal (wit, swart en bruin) op die oomblik bekommerd is oor wat in ons sport, dit waarvoor ons werklik lief is, aan die gebeur is.”

Nog ’n gekleurde wat verkies om anoniem te bly, het gesê wat haar betref, vind daar onder Chuene se leierskap op die oomblik omgekeerde apartheid in atletiek plaas.

“Die bestuur van ASA is bereid om alles vir sekere swart atlete te doen al voldoen hulle nie eers aan die vereistes wat ASA self daargestel het nie, maar vir ’n wit atleet word daar niks gedoen nie.

“En as jy ’n bruin atleet is, is dit touch and go of ASA vir jou iets gaan doen. Dit help baie as jy as bruin atleet witvoetjie by Chuene soek.”

Thys is hartseer omdat Nedbank as borg onttrek het.

“Maar ek kan dit verstaan. As borg wil jy tog sekere voordeel uit jou betrokkenheid by atletiek verkry en dit het nie gebeur nie.

“Ek kan net vir Nedbank vra om tog te besin. Atletiek gaan oor ons atlete. Gee ons as die atlete van Suid-Afrika ’n kans om ’n oplossing vir die probleme in dié sport te probeer vind.

“Sonder borgskappe is dit atlete wat swaarkry. Dit is beslis nie die manne in ASA se kantore wat met mooi, groot karre rondry en stewige salarisse verdien terwyl politici hul beskerm nie.

“ASA se bestuur het blykbaar vergeet dat hulle hul lekker lewe kwyt sal wees as dit nie vir al die swaarkry en opofferings van ons atlete is nie. Atletiek is vir baie atlete hul lewe. Daarom, as borge begin onttrek, is dit verby met ons.”

- Beeld

Lees meer oor: asa  |  atletiek

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Multitronic 7-sp MY05
2006
R 226,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.