Atlete eis 50%-verteenwoordiging in ASA-raad

2009-11-21 10:34
Tweets Share Share line Print

Wilhelm de Swardt

Pretoria - Atlete gaan aandring op minstens 50%-verteenwoordiging in die tussentydse raad van Atletiek Suid-Afrika (ASA) wat vandag by die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) se hoofkantoor in Johannesburg verkies word.

Arnaud Malherbe van die nuut gestigte Suid-Afrikaanse atletekomitee het gesê: “Ons as atlete is erg teleurgesteld in die huidige stand van Suid-Afrikaanse atletiek. Ons voel dat ASA se huidige bestuur die sport se beeld net skade berokken.

“Weens hul swak bestuur het atletiek baie goeie borge verloor en is niemand meer seker wat die toekoms vir die sport inhou nie.

“Die administrateurs van sekere provinsies stel glad nie die belange van die atlete voorop nie, maar is eerder betrokke vir die voordele wat dit vir hulself inhou.

“ As die hoofaandeelhouers van Suid-Afrikaanse atletiek voel atlete dat ons nou die kans moet kry om die sport te bestuur en die beeld van atletiek te verbeter.

“Ons steun Saskok se besluit om mnr. Ray Mali tydelik aan die stuur van ASA te plaas.

“Ons wil atletiek weer die vlagskip van Suid-Afrikaanse Olimpiese sport te maak.”

Ruben Ramolefi, Olimpiese atleet, het geê atletiek het mense met vernuwende idees nodig om die trots in die sport terug te bring.

Atletiek Sentraal-Noordwes het eergisteraand die leiding geneem op ’n spesiale vergadering in Potchefstroom toe hy Hezekiel Sepeng, die eerste swart Suid-Afrikaanse atleet om ’n medalje by ’n Olimpiese Spele te wen, tot vise-voorsitter van sy tydelike raad verkies het.

Shaun Bownes, ook ’n Olimpiese atleet, gaan ook in die raad dien. 

Die Burger

Lees meer oor: asa  |  atletiek

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Trading sê... Ashley moes lankal in die beginspan uitgedraf het sodat hy sy impak vir langer kan laat geld - 60 minute of selfs langer. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X5 4.8is E53 4x4 AT
2004
R 499,000.00

TOYOTA

RunX 180 RSi 5-dr MY04
2003
R 119,990.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 TDi Sportline 5-dr Dsl
2005
R 159,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.