Atleet kry rekorduitbetaling ná ongeluk
2011-11-23 13:02
Windhoek – Cordulla Möller, die bekende voormalige driekampatleet van Windhoek wat drie jaar gelede in Australië erge breinskade opgedoen het toe ’n motoris haar raakgery het, het ’n rekorduitbetaling van R106,5 miljoen ontvang.
Ses dae voordat Möller aan die Busselton Ysterman kompetisie sou deelneem, is sy op 1 Desember 2008 deur ’n 42-jarige bestuurder op die sypaadjie by die hoek van Bussell hoofweg en Caves rylaan naby Busselton in Wes-Australië raakgery.
Sy was een van die gunstelinge vir die kompetisie en is deur die Australiese media in dieselfde asem as professionele driekampatlete soos Lucie Zelenkova en Elly Franks uitgesonder.
Die uitbetaling van 13 miljoen Australiese dollar deur die versekeringskommissie van Wes-Australië is na verneem word meer as enige vorige geval.
Lees verder.
– Republikein