Atleet in sop oor kortpad
2010-06-02 05:22
Londen – ‘n 69-jarige atleet wat glo die Londen-marathon in ‘n rekordtyd vir sy ouderdomsgroep gehardloop het, is gediskwalifiseer.
Dit kom nadat Anthony Gaskell glo ‘n 16km-kortpad gevat het.
Verskeie vrae het ontstaan nadat Gaskell die marathon wat op 25 April plaasgevind het, in ‘n tyd van drie ure en vyf minute voltooi het. Dit is glo die vinnigste tyd ooit vir atlete bo die ouderdom van 65.
Volgens Gaskell het hy in die middel van die wedloop weens ‘n besering onttrek en besluit om tot by die eindstreep te loop. Hy het egter ‘n kortpad gekies en glad nie opgelet wat sy tyd was nie.
Beamptes van die Londen-marathon het Dinsdag bevestig dat Gaskell gediskwalifiseer is en dat die 66-jarige Colin Rathbone intussen as die wenner aangewys is. Rathbone het die wedloop sowat 38 sekondes na Gaskell voltooi.
- Sapa, AP
Volg Nuus24 op Twitter.