Arran Brown maak weer so in 94.7-ren

2011-11-21 10:02
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Arran Brown (MTN-Qhubeka) het Sondag met sy sege in Momentum se 94.7-uitdaagfietsren verseker sy eie voorspelling word waar.

Brown het dié ren in en om Johannesburg in 2 uur 11 minute en 47 sekondes gewen. Hy oorheers dié ren al die afgelope drie jaar. Verlede jaar was hy tweede en in 2009 het hy gewen.

Reinardt Janse van Rensburg (MTN-Qhubeka) was tweede en Tyler Day (Bonitas) derde.

Ashleigh Moolman-Pasio (Nashua-Toyota) het seker gemaak sy wen die vroue-ren deur Cherise Taylor (USN) in ’n naelrit na die eindstreep te klop.

Eintlik is Brown se sege geen verrassing nie.

Hy het al in Augustus gesê hy het net een doelwit en dit is om dié ren te wen. “Ek het geweet ek kon. Al my voorbereiding was daarop geskoei om op my beste vir dié ren te wees.”

Só ernstig was Brown dat hy die afgelope maand feitlik pal op dié roete gaan oefen het. “Ek wou niks aan die noodlot oorlaat nie.”

Die beslissende oomblik was toe ’n groep van agt jaers – drie van MTN-Qhubeka en vyf van Bonitas – teen die laaste klim in die stad weggekom het.

Brown en Janse van Rensburg sê hulle was aanvanklik bekommerd.

“Ons het gedink omdat daar meer Bonitas-jaers in die breek was, sou hulle probeer om ons moeg te ry,” sê Brown. “Maar hulle het verkies om eerder op Tyler Day se naelry vermoëns staat te maak. Dit het ons soos ’n handskoen gepas.”

In die finale naelrit het Brown presies op die regte oomblik versnel en seker gemaak hy jaag die gevreesde verkeer­sirkel eerste binne.

Daar is vooraf voorspel dit is die plek waar die ren gewen of verloor sou word en dit was toe ook so.

Day het agterna geen verskonings gehad nie. “Ek was net nie goed genoeg nie. Arran en Reinardt was supersterk en het verdien om te wen.”

Herman Fouché (Cape Town Market) en Nolan Hoffman (Tasol-GT) was die dag se twee groot verloorders. Hulle is aan die slaap gevang toe die agt jaers in ’n breek weggekom het en al het hulle hoe hard probeer, kon hulle net nie weer die voorlopers inhaal nie.

Moolman-Pasio sê sy, Taylor, Jo-Anne van Winkel (Nashua-Toyota) en Lisé Olivier (MTN-Qhubeka) was 80 km lank voor.

Dit was die tweede keer dat Pasio-Moolman aan dié ren deelgeneem het.

Verlede jaar was sy vyfde.

“Ek het nie verwag om te wen nie,” het sy gesê. “Dit was een van daardie dae dat my bene nie wou saamwerk nie.

“Gelukkig het ek genoeg krag oorgehad om baas te wees in die naelrit.”

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: arran brown  |  fietsry

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Multitronic 7-sp MY05
2006
R 226,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.