Armstrong nie 'n slegte mens – Robbie Hunter
2012-10-29 15:37
Johannesburg – Die voormalige Tour de France skofwenner Robert Hunter het gesê Lance Armstrong is nie 'n slegte persoon nie, maar hy het die beeld van fietsry onherroeplik beskadig.
Die Amerikaanse agentskap teen verbode middels (USADA) het Armstrong verlede week van sy sewe Tour de France-titels gestroop en lewenslank geskors.
Die internasionale fietsryvereniging (UCI) het verlede week bekend gemaak dat Armstrong nie teen die sanksies sal appelleer nie.
“’n Mens kan nooit die gebruik van verbode middels in sport goedpraat nie. Dit is verkeerd,” het Hunter, een van Suid-Afrika se beste fietsryers ooit, gesê.
“Die hele Armstrong-saga het definitief fietsry se beeld beskadig, maar vir my is Armstrong nie net sleg nie, maak nie saak wat hy gedoen het nie.”
“Hy is ‘n merkwaardige atleet en wat hy in die Tour de France vermag het, was spesiaal.”
Intussen het Hunter bevestig dat hy volgende maand aan die Momentum 94.7-fietswedren in Johannesburg sal deelneem om geld vir liefdadigheid in te samel.”
“Dit is baie laat in die seisoen vir my om nog deel te neem, maar ek geniet dit om deel van die wedren te wees, omdat dit werklik ‘n viering van fietsry is,” het Hunter gesê.
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA