Armstrong en Bush trap fiets vir soldate
2011-04-28 15:26
Texas - Die sewemalige Tour de France-kampioen Lance Armstrong het Woensdag saam met die Amerikaanse oud-president George Bush en 15 soldate, aan die laaste skof van 'n 100 km-bergfietstoer deelgeneem.
Dié soldate wat ledemate tydens die oorlog in Irak en Afganistan verloor het, is deel van die Wounded Warrior-projek 'n nie-winsgewende organisasie wat gestig is na die terroriste aanvalle op 11 September 2001, om gewonde soldate te help rehabiliteer.
Bush het Woensdag na die laaste skof van die 100 km-roete gesê sy drie dae op die woestynpaaie van die Big Bend Nasionale Park in Texas, was "regtig ongelooflik."
Armstrong het die soldate vir hul wil om te herstel geprys. En geskerts dat Bush "sterker" was toe hulle die vorige keer in 2005 saamgery het en dat die oud-president dit die keer "soort van verloor het."
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24