Argus: Kleuters én kaalbasse deel in fietsrypret

2011-03-13 07:59
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Van kleuters tot kaalbasse het die afgelope naweek gedeel in die opwinding voor Sondagoggend se Cape Argus-fietstoer.

Maar alle grappies was op ’n stokkie toe die 35 000 deelnemers vroeg Sondagoggend in die Kaapse middestad weggespring het.

Dit was 34 475 meer fietsryers as wat met die eerste wedren in 1978 deelgeneem het – toe net 525 dié fietswedrenroete aangedurf het.

Twee Kapenaars het in 1978 met die idee vir dié wedren vorendag gekom toe hulle skielik die behoefte aan fietspaaie – nou fietsbane – in die stad raak gesien het.

Die 109 km lange roete word vanjaar vir die 34ste keer aangedurf – van die middestad tot in Simonstad en weer kuslangs oor Chapmanspiek tot by die Kaapstad-stadion.

In vorige jare was die roete gewoonlik tussen 104 km en 110 km lank en fietsryers het ’n sirkelroete om die Kaapse Skiereiland en terug gevolg.

In 1978 was die eerste manswenner Lawrence Wittaker met ’n tyd van 3:02:25.4; en die eerste vrouewenner Janice Theis met ’n tyd van 4:35:00. Albei is Suid-Afrikaners.

In 2002 was dit so warm dat die wedren omstreeks 15:00 op Ou Kaapse weg gestaak is. Temperature van 42°C is aangeteken.

Selfs die 132 000 liter Coke, 45 000 liter energiedrankies en 60 000 liter water wat op dié dag gedrink is, het geen beskerming teen sonsteek gebied nie.

In 2009 is die fietstoer om 16:30 by Chapmanspiek gestaak weens ’n wind van oor die 100 km/h wat ryers van hul fietse afgeruk het.

Willie Engelbrecht is die man wat die Argus al die meeste gewen het – vyf keer.

Anriëtte Schoeman is die voorste vrouewenner met ses titels in haar saalsakkie.

- Rapport

Lees meer oor: argus  |  fietsry

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Multitronic 7-sp MY05
2006
R 226,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.