Andy Murray nou bo Nadal op ranglys
2012-09-11 14:30
Berlyn – Die Olimpiese tenniskampioen Andy Murray beklee nou 'n loobaanbeste posisie van nr. 3 op die ATP se nuutste wêreldranglys, wat Dinsdag bekendgemaak is.
Die Brit, wat Maandag sy eerste Grand Slam-titel gewen het nadat hy Novak Djokovic in die eindstryd van die Amerikaanse Ope op Flushing Meadows geklop het, het plekke geruil met die beseerde Rafael Nadal van Spanje.
ATP se wêreldranglys:
1. (1) Roger Federer, Switserland, 11,805 punte
2. (2) Novak Djokovic, Serwië, 10,470
3. (4) Andy Murray, Brittanje, 8,570
4. (3) Rafael Nadal, Spanje, 7,515
5. (5) David Ferrer, Spanje, 5,915
6. (7) Tomas Berdych, Tsjeggiese Republiek, 4,830
7. (6) Jo-Wilfried Tsonga, Frankryk, 4,520
8. (8) Juan Martin del Potro, Argentinië, 3,890
9. (9) Janko Tipsarevic, Serwië, 3,285
10. (10) John Isner, Amerika, 2,610
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sapa-DPA