Anderson storm voort in VSA Ope
2011-08-30 12:23
Johannesburg - Suid-Afrika se eerste gekeurde manstennisspeler, Kevin Anderson, het Maandagaand na die tweede ronde van die Amerikaanse Ope-toernooi in New York deurgedring.
Anderson het sonder moeite met 6-1, 6-3, 6-0 oor Go Soeda van Japan geseëvier.
Suid-Afrika se top-vrouespeler, Chanelle Scheepers, se eerste ronde kragmeting is Dinsdagmiddag teen Anne Keothayong van Brittanje.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24