Anderson bo in SA Ope
2011-02-06 23:16
Johannesburg - Die Suid-Afrikaner Kevin Anderson het Sondag sy eerste ATP-tennistitel gewen deur koning te kraai by die Suid-Afrikaanse Ope in Johannesburg.
Hy het die Indiër Somdev Devvarman 4-6, 6-3, 6-2 in die eindstryd geklop.
Dié oorwinning was veral spesiaal vir Anderson, aangesien hy die titel in sy tuisland verower het.
- Vir die jongste sportnuus, volg Nuus24sport op Twitter
- AFP