Als nie verlore vir SA in Comrades

2011-05-24 07:54
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die kans dat ’n Suid-Afrikaanse vroue-atleet die Comrades-wedloop Sondag (van Durban na Pietermaritzburg) sal wen, is baie skraal.

Maar alles is nie verlore nie. ’n Suid-Afrikaanse atleet kan dalk net derde eindig.

Uit ’n Suid-Afrikaanse atletiek-oogpunt sal dit beslis ’n groot hoogtepunt wees, veral omdat geen atleet dit die afgelope vyf jaar kon regkry nie.

Farwa Mentoor se vierde plek in 2008 is die beste vertoning. Die afgelope twee jaar was sy vyfde.

Die Russe oorheers doodeenvoudig die Comrades se vroue-wedloop. Sedert 2003 het ’n Russiese vrou nog elke jaar die Comrades gewen en nog feitlik elke keer was een van die Russe ook tweede en derde.

Daar kan al amper gepraat word van die “Wedloop van die Susters”, want behalwe in 2005, toe Tatyana Zhirkova gewen het, was dit óf Elena óf Olesya Nurgalieva wat eerste oor die eindstreep gedraf het.

As een van die tweeling Sondag wen, sal hulle die sportwetenskaplikes verkeerd bewys wat glo dit is menslik onmoontlik om twee ultra-wedlope binne vyf weke te wen.

Olesya het op 23 April die Twee Oseane gewen en haar suster was tweede.

Adinda Kruger (Nedbank), wat verlede jaar derde in die Twee Oseane geëindig het, sê sy het nie kans gesien om twee sulke harde ultra-wedlope in vyf weke te hardloop nie. Daarom spits sy haar net op die Comrades toe.

Dié wat weet, meen Kruger kan dalk derde eindig. Sy kan selfs verras as sy daarin kan slaag om haar beste tyd – 6 uur 38 minute – met 10 minute te verbeter, want die kans is goed dat die tweeling 10 minute stadiger sal wees.

Kruger weier om uitgelok te word en voorspellings te waag.

“Ek het twee doelwitte. Die een is waarskynlik realisties, terwyl die ander meer ’n hartsbegeerte is. Ek het al geleer dat as dit by die Comrades kom, hardloop jy eers en praat later.”

Kruger sê sy het die laaste paar maande hard daaraan gewerk om vinniger te hardloop en sterker te raak.

“Ek het eintlik nie ’n keuse gehad nie, want die Russiese tweeling draf die eerste 42 kilometer maklik in 2 uur 35 minute af.”

Volgens Kruger is dit vir haar belangrik dat die Comrades nie ’n obsessie moet word nie.

“Ek bly vir myself sê dat dit net nog ’n wedloop is. As jy te gespanne raak, het jy moeilikheid, want dan gaan jy beslis blaas. Vir my gaan die Comrades nie net daaroor om fisiek fiks te wees nie, jy moet beslis ook ’n sterk kop hê, want daar is ’n stadium in die wedloop waar lekker nie meer lekker is nie. Dit is wanneer jy moet vasbyt.

“Dit is ook belangrik om vooraf reeds ’n Plan B uit te werk.”

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: atletiek  |  comrades

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Multitronic 7-sp MY05
2006
R 226,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.