Alonso ry rooi blits vir die 1ste keer
2010-02-03 14:41
Valencia- Fernando Alonso het Woensdag vir die eerste keer op die laaste dag van die Formule Een-oefensessies agter die stuur van ’n Ferrari ingeskuif.
Die tweemalige wêreldkampioen wat einde verlede jaar Renault verlaat het om by die Italiaanse span aan te sluit, het Woensdag ten aanskoue van 30 00 toeskouers vir die eerste keer die ikoniese rooi motor bestuur.
Felipe Massa het gedurende die eerste twee dae van die oefenritte die vinnigste tyd gehaal.
Alonso is een van die drie Formule Een-kampioene wat Woensdag deelgeneem het.
Die sewemalige wêreldkampioen, Michael Schumacher van Mercedes GP en die verdedigende kampioen, Jenson Button van McLaren sal ook vandag by die Ricardo Tormo-baan in Cheste, naby Valencia aan die oefensessies deelneem.
-Sapa-AP