'Al 4 stede ís gevra vir Olimpiese bod'
2010-09-21 05:30
'Johannesburg - Suid-Afrika se Olimpiese komitee (Saskok) sê hy gaan bewys dat al vier van sy kandidaat-stede genooi is om 'n bod te maak om die 2020 Olimpiese Spele aan te bied, nadat drie beweer hulle is nie 'n gelyke kans gegun nie.
Tubby Reddy, uitvoerende hoof, het Mandag gesê die land se Olimpiese liggaam Saskok, sal Dinsdag besonderhede uitreik, wat toon Durban, Kaapstad, Johannesburg en Port Elizabeth is genooi om 'n bod te maak en was bewus van die sperdatum.
Saskok het vroeër vandeesmaand gesê Durban is sy enigste kandidaat, ná die ander drie nie belangstelling getoon het nie.
'n Beampte van Kaapstad sê egter hy was nie bewus van die sperdatum nie, en verteenwoordigers van Johannesburg en Port Elizabeth beweer hulle het nooit 'n uitnodiging ontvang nie.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
- AP