Agassi: boek is 'n boetedoening
2009-11-09 13:15
Washington – André Agassi het gesê sy biografie is deel van die boetedoening vir al die verkeerde dinge wat hy in sy lewe gesê en doen het.
Daar word toe onthul dat André Agassi dwarsdeur sy loopbaan leuens vertel het.
Leuens aan sy bewonderaars, opponente, tennisbeamptes. Sy eerste vrou, Brooke Shields. Vriende, insluitende Barbra Streisand. Die media. En homself.
“Ek kan nie meer daarmee saamleef nie,” het Agassi in ‘n telefoononderhoud gesê.
Sy boek, Open, wat van vandag in boekwinkels in Suid-Afrika te koop is, het Agassi glo toegelaat om homself te verlos van die geheime wat hy jare reeds met hom saamgedra het.
Geheime soos sy metamfetamien (tik) gebruik en dat hy op ‘n stadium ‘n haarstuk gedra het word alles in die boek verklap.
Agassi het sy biografie, wat deur die Pulitzerpryswenner, J.R Moehringe saamgestel is uit opnames van die tennisster se herinneringe, as “’n boetedoening vir waar ek oral in my lewe was” beskryf.
Agassi vertel hoe hy as kind die verbode middel, effedrien deur sy pa voor ‘n wedstryd gegee is omdat dit kaffeïn bevat het.
Dié tennislegende verklap ook in dele van die boek sy gebruik van alkohol en marijuana.
- Sport24