Afrikabeker-wenner stap weg met R13,3 miljoen
2013-01-21 16:46
Johannesburg – Die wenner van die 2013 Afrikanasiesbeker sal $1,5 miljoen (sowat R13,3 miljoen) in sy sak kan steek.
Volgens football411.com gaan die Konfederasie vir sokker in Afrika (CAF) $10 miljoen (sowat R88,7 miljoen) spandeer op prysgeld vir die toernooi met die naaswenners wat $1 miljoen (sowat R8,8 miljoen) in die sak kan steek.
Die verloorders in die halfeindronde kry elkeen $750 000 (sowat R6,6 miljoen).
Die volledige lys prysgeld vir die Afrikanasiesbeker:
Wenner: $1.500.000 (sowat R13,3 miljoen)
Naaswenner: $1.000.000 (sowat R8,8 miljoen)
Halfeindronde: $750.000 (sowat R6,6 miljoen) elk
Kwarteindronde: $600.000 (sowat 5,3 miljoen) elk
Derde plek in groep: $500.000 (sowat R4,4 miljoen) elk
Vierde plek in groep: $400 000 (sowat R3,5 miljoen) elk
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.