'Afrika-atlete gaan hoogtepunte op Spele lewer'

2012-02-09 09:30
Tweets Share Share line Print

Pretoria. – Afrika se atlete gaan van die groot hoogtepunte op die Olimpiese Spele in Londen lewer.

Só voorspel Sebastian Coe, voorsitter van die komitee wat verantwoordelik is vir die beplanning van die Olimpiese en Paralimpiese Spele.

“Ek is seker subjektief wanneer ek oor Afrika se atlete praat,” het Coe Woensdag in ’n telefoniese onderhoud gesê.

“Maar as ’n voormalige Olimpiese atleet kan ek nie anders nie as om groot respek vir die vertonings van Afrika se middelafstand- en langafstand-atlete te hê.

“Dit is regtig opwindend. Afrika se atlete gaan waarskynlik op die Spele in al die nommers van die 800 tot die marathon medaljes wen. Ek hoop ek kry tyd om hulle in aksie te sien.

“In die lig van dié oorheersing, dink ek dit is ’n móét dat die Olimpiese Spele ’n slag in Afrika aangebied word. Daar moet weggedoen word met die gebruik om die Spele elke keer in ’n wêreldstad aan te bied.

“’n Spele in Afrika sal ’n manier wees om dié vasteland se atlete se opwindende bydrae tot internasionale atletiek te vier.

“Ek dink daaraan om my ná die Londen-spele daarvoor te beywer om ’n Spele in Afrika ’n werklikheid te maak.”

Coe het in 1980 in Moskou en 1984 in Los Angeles goue medaljes in die 1 500 m gewen. Op albei dié Spele het hy ook ’n silwermedalje in die 800 m gewen.

Volgens Coe is een van hul grootste doelwitte met die aanbied van die Londen-Spele om ’n gevoel van internasionale samehorigheid by die jeug aan te wakker.

Volgens Coe verloop die finale voorbereiding vir die Spele tot dusver nog volgens plan.

Hy sê ook hy onthou Zola Budd nog goed.

“Ek het destyds jammer gevoel vir haar. Sy het ’n politieke pion geword sonder dat sy daarvoor gevra het,” het Coe gesê

“Ek kan maar net hoop dat geen atleet ooit weer só misbruik word nie.” 

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: olimpiese spele

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Multitronic 7-sp MY05
2006
R 226,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.