Afrigter die joos in oor Cheyne nie kans kry

2010-03-04 09:41
Tweets Share Share line Print

Wilhelm de Swardt

Pretoria - Dit is onverklaarbaar dat Cheyne Rahme, wat twee weke gelede die Suid-Afrikaanse junior paalspringrekord na 5.47 m verbeter het, nie Donderdagaand in Potchefstroom gaan kans kry om aan die Geelbladsye-byeenkoms deel te neem nie.

Die 18-jarige Rahme is tans een van ’n handjievol junior atlete wat werklik belofte toon.

Hoewel dit nog vroeg in die seisoen is en die meeste Europeërs nog nie regtig aan buitenshuise byeenkomste deelgeneem het nie, beklee Rahme tans die tweede plek op die Internasionale Vereniging van Atletiek Federasies (IAAF) se ranglys vir seniors.

Riaan Botha, sy afrigter, het gesê hy was twee weke gelede  in Atletiek Suid-Afrika (ASA) se kantoor in Johannesburg. Daar is toe aan hom belowe dat paalspring vir mans beslis een van die nommers in die Geelbladsye-program in Potchefstroom sou wees.

Maandag moes hy hoor dat dit nie meer so is nie.

Volgens Botha moet die skuld vir die afgelope paar jaar se swak vertonings van die Suid-Afrikaanse mans-paalspringers vierkant voor die deur van ASA se besluitnemers gelê word.

Verlede jaar kon net Rahme, Botha en Okkert Brits daarin slaag om hoër as 5 m te spring. Brits en Botha het eintlik al uitgetree en neem net vir die lekker deel.

“Hoe moedig jy jong atlete aan om paalspring as sport te beoefen as daar basies geen geleentheid vir paalspringers is om deel te neem nie? Al hoe jy as paalspringer kan verbeter, is deur gereeld deel te neem. Toe ek en Okkert op ons beste was, het ons maklik 20 en meer keer in ’n seisoen deelgeneem. Die hele verlede jaar kon Cheyne net vyf keer in Suid-Afrika deelneem.”

Die Suid-Afrikaanse senior byeenkoms vind oor twee weke in Durban plaas.

Dit beteken dat Rahme, wat ’n besliste aanspraakmaker op ’n medalje op die Junior Wêreldbyeenkoms is en Suid-Afrika waarskynlik ook op die Statebondspele in Indië gaan verteenwoordig, vanjaar nog net aan twee ligabyeenkomste kon deelneem.

Die spiesgooi vir vroue behoort op vanaand se byeenkoms ’n hoogtepunt te wees.

Sunette Viljoen (61.54 m) en Justine Robbeson (60.05 m) hoop om vanaand die kwalifiserende A-vereiste van 61 m vir die Statebondspele in Indië te oortref.

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: asa  |  atletiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Multitronic 7-sp MY05
2006
R 226,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.