Aflosspanne oes medaljes

2011-08-22 07:02
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Die 4x100-mansaflosspan het Sondag op die Wêreld-studentespele in Sjenzhen, China, vir Suid-Afrika ’n tweede goue medalje losgenael.

Die 4x400-mansaflosspan was derde wat beteken dat Suid-Afrika se atlete ses medaljes (twee goud, twee silwer en twee brons) verower het.

Dit is die naasbeste vertoning tot nog toe op ’n Wêreld-studentespele.

Hannes Dreyer, Simon Magakwe, Rapula Sefanyetso en Thuso Mpuang­ se wentyd in die 4x100-aflos was 39.24s.

China was tweede in 39.39s en Hongkong derde in 39.44s.

Wat die 4x100-aflosspan se vertoning opwindend maak, is dat drie van die atlete (Dreyer, Magakwe en Mpuang) ook Suid-Afrika aanstaande week op die Wêreld-atletiekbyeenkoms in Daegu, Suid-Korea, gaan verteenwoordig.

James Evans, voorsitter van Atletiek Suid-Afrika (ASA), het reeds voorspel dat dié span kan verras.

Dreyer het voor sy vertrek gesê dat ’n aflos altyd een van die mees onvoorspelbare wedlope is.

“Elke spanlid moet so gefokus wees, want in ’n blote sekonde kan dinge erg skeefloop.

“As die stokkie eers geval het, is dit neusie verby, maar dan laat val selfs die gunstelinge stokkies.”

Eugene Thipe, Magakwe se afrigter, het gesê die welslae van die aflosspan op die Wêreldbyeenkoms sal afhang van hoe honger die atlete is om te presteer.

“As al vier atlete se harte groot is, twyfel ek nie dat daar ’n aangename verrassing op Suid-Afrikaanse atletiekgeesdriftiges wag nie.”

Rusland het die 4x400-aflos in 3:04.51 gewen.

Japan was tweede in 3:05.14.

Die Suid-Afrikaanse span van Shane­ Victor, André Olivier, Pieter Beneke en Willie de Beer se tyd was 3:05.61.

Die res van die Suid-Afrikaners wat gister in eindrondes in aksie was, se vertoning maak nie juis opwindende leesstof uit nie.

Gladwin Mzazi (5de in 21 km – 1:12.00); Zarck Visser (7de in verspring – 7.81 m); Suid-Afrikaanse 4x100-vroueaflosspan (5de – 3:34.59) en Tshamano Setone (11de in 5 000 m – 14:19.31).

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
 

Lees meer oor: atletiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Multitronic 7-sp MY05
2006
R 226,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.