ASA wil kommunikasie verbeter
2010-08-10 16:23
Johannesburg – Atletiek Suid-Afrika (ASA) het taakspanne opgestel om maniere te vind om die vlak van kommunikasie tussen die nasionale federasie, afrigters en beamptes te verbeter.
Nadat hulle kritiek ontvang het oor die veranderinge wat vroeër die jaar aan seleksie-kriteria gemaak is, het ASA oor die naweek drie-persoon taakspanne by ‘n simposium vir afrigters en amptenare in Bloemfontein gevorm.
Hulle sal teen die einde van September terugrapporteer aan die federasie.
“Ná gesprekke tussen die 320 afrigters en tegniese beamptes wat die afrigter-simposium bygewoon het, was die behoefte vir beter kommunikasie tussen ASA en die afrigters en beamptes ‘n versoek gewees,” het ASA Dinsdag in ‘n verklaring gesê.
Richard Stander, ASA se assistent-administrateur, het hierdie seisoen drastiese veranderinge aangebring en dring daarop aan dat atlete gedurende ‘n periode van ses weke vir internasionale kampioenskappe moet kwalifiseer.
Dit is in die hoop dat die vlak van prestering by groot geleenthede sal verhoog.
Nietemin het die veranderinge geboemerang nadat Suid-Afrika na die derde plek geval het in die Afrika Atletiekkampioenskappe in Nairobi vroeër die maand – die land se swakste vertoning in 10 jaar – en verskeie goeie deelnemers is uit die finale span uitgesluit.
Stander het homself verdedig deur te sê Suid-Afrika sal medaljes by kleiner kampioenskappe moet afstaan om hul posisie by groot, internasionale byeenkomste te verbeter.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
- SAPA