ASA-voorsitter se drie doelwitte

2011-08-01 09:09
Tweets Share Share line Print

Pretoria - James Evans, wat die naweek as Atletiek Suid-Afrika (ASA) se voorsitter verkies is, het drie doelwitte gestel wat hy voor die volgende verkiesing, teen einde April 2012, wil bereik.

“My belangrikste (doelwit) is om toe te sien dat die dag-tot-dag-werksaamhede in ASA se hoofkantoor in Johannesburg reg uitgevoer word.

“As ons dít kan regkry, behoort ASA se verhouding met onder meer die Nasionale Lotery baie te verbeter.

“Dit is ook belangrik dat daar weer ’n slag ’n ordentlike begroting vir ASA opgestel word.

“Daar kan nie voortgegaan word om die hele tyd net met krisisbeheer geld uit te gee nie, want eindelik is dit die atlete wat daaronder ly. As daar ’n begroting opgestel is, gaan die uitdaging wees om daarby te hou.”

Volgens Evans behoort dit makliker te wees om nuwe borge te werf as die bestuur van ASA ’n slag kan bewys dat hy in beheer van sake is.

“Verskeie maatskappye het al vir my gesê dat hulle daarin belangstel om atletiek te borg, maar nie terwyl daar soveel onsekerheid heers nie.”

Evans wil ook toesien dat behoorlike ontwikkelingsprogramme vir atlete en afrigters ingestel word. Hy meen SA atletiek sal daarby baat vind as dit ingestel word vir die atlete wat op vanjaar se Wêreld-jeugbyeenkoms in Lille, Frank­ryk, presteer het, asook vir die atlete wat op die Afrika-byeenkoms vir Juniors in Botswana uitgeblink het.

“Dit is vir my belangrik dat gereeld oefenkampe vir die jong atlete gehou word om toe te sien dat hulle reg oefen. Dit sal die atlete ook die geleentheid bied om hul probleme met ons te bespreek. Die groep moet elke twee jaar geëvalueer en aangepas word.”

Evans het gesê hy is bewus van al die beweringe oor finansiële wanbesteding in KwaZulu-Natal Atletiek. “As ek reg verstaan, is daar ’n oudit na die provinsie se geldsake aangevra.” 

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: asa  |  james evans  |  atletiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline MY05
2007
R 135,990.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX Dsl PU MY07
2012
R 319,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.