ASA verleë oor webwerf-blaps

2011-04-16 10:07
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die bestuurslede van Atletiek Suid-Afrika (ASA) is in die verleentheid nadat dit aan die lig gekom het dat daar op sy webtuiste na Caster Semenya, vroue-wêreldkampioen in die 800 m, as ’n man verwys word.

ASA is al twee weke lank bewus van die feitefout, maar het dit steeds teen gisteroggend nie reggestel nie.

In die voorskou vir die Suid-Afrikaanse o.23-, junior en jeugbyeenkoms wat op 2 en 3 April in Germiston plaasgevind het, word daar in ’n berig op die webtuiste geskryf dat Wilhelm van der Vyver, Roscoe Engel, Wade Jooste, Cornel Fredericks en Caster Semenya die o.23-mansatlete is om dop te hou.

Later in dieselfde berig verskyn daar wel ook in die o.23-voorskou vir vroue-atlete ’n hele paragraaf oor waartoe Semenya in staat is.

Ironies genoeg het Semenya uiteindelike glad nie eens deelgeneem nie.

ASA is binne ure nadat die berig op sy webtuiste verskyn het, per SMS-boodskap van die fout in die o.23-mansvoorskou ingelig en gewaarsku dat dit ’n verleentheid vir ASA kan word as dit nie reggestel word nie.

Die joernalis wat die artikel geskryf het, het dit as ’n onvergeefbare fout aan sy kant beskryf toe hy daarop gewys is.

James Evans, voorsitter van ASA, het reeds op die byeenkoms gevra dat dit reggestel moet word, maar dit het nie gebeur nie.

Evans het gister herhaal dat hy baie jammer is. Volgens hom het hy gedink dit is reeds op die webtuiste reggemaak.

“Ek twyfel nie dat dit ’n bona fide-fout deur die joernalis is nie.

“Dit was beslis nooit sy bedoeling om Caster Semenya in ’n verleentheid te stel nie.

“Hy was onder geweldige druk toe hy die berig geskryf het.

“Ek wil dit duidelik stel dat ASA net die grootste respek vir Caster Semenya het en dat ons nooit iets sal doen om haar te na te kom of in ’n verleentheid te stel nie.

“Caster Semenya is ’n ware ambassadeur vir Suid-Afrikaanse atletiek. Dit word bewys deur die feit dat sy een van die min atlete is wat aan byna al die Geelbladsye-byeenkomste deelgeneem het.

“Wat vir my opwindend is, is dat sy met haar deelname beslis ander atlete help om hul persoonlike beste tye te verbeter.”

Evans het ’n beroep op die media gedoen om nie net daarop ingestel te wees om sensasionele berigte oor Semenya te wil skryf nie.

“Dit bly vir my onverklaarbaar waarom daar nie meer oor haar skittervertonings op die atletiekbaan geskryf word nie, maar sodra daar dalk iets omstrede is, wil almal oor Caster Semenya skryf.”

- Sport24

- Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: caster semenya  |  asa

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Multitronic 7-sp MY05
2006
R 226,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.