ASA sal uitvind oor Mokoena se afwesigheid

2010-10-03 18:05
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – James Evans van Atletiek Suid-Afrika het Sondag erken dat die federasie nie seker was oor die besonderhede nie, maar dat hulle sal uitvind waarom die verspringer Khotso Mokoena nie opgedaag het om saam met die res van die land se deelnemers vir die Statebondspele te vertrek nie.

Die vlug was na Nieu-Delhi onderweg vir die Spele en talle van die ander deelnemers sukkel met beserings.

Die Statebondspele skop Sondagaand af met die openingseremonie en die sportprogram sal Maandag begin, maar Mokoena het agtergebly toe die res van die baan-en veldspan Donderdagaand vertrek het.

Die 25-jarige het met ‘n beenbesering gesukkel, maar het verlede week fiksheidstoetse geslaag en is deur die Suid-Afrikaanse spandokter Shuaib Manjra toestemming gegee om deel te neem.

Volgens Evans glo ASA dat die Olimpiese silwer-medalje-wenner, wat glo sowat ses weke se oefening gemis het, besluit het om die geleentheid te boikot as gevolg van ‘n tekort aan kompetisie in onlangse maande.

“Die ASA het oor die naweek vergader en terwyl ons nog nie seker is oor die besonderhede nie, is ‘n besluit geneem om die situasie te hanteer, het Evans gesê.

“Ons het nog nie met hom gepraat nie, so ons is nog nie seker van die besonderhede nie. Ons neem aan hy wil nie deelneem nie, aangesien hy nog nie sedert die Afrika Kampioenskappe, meer as twee maande gelede, deelgeneem het nie. Alhoewel hy dalk fiks is, word dit bevraagteken of hy fiks is vir kompetisies.”

‘n Woedende Tubby Reddy, hoof van die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese komitee (Saskok), het oor die naweek in ‘n verklaring gesê dat daar teen Mokoena “opgetree sal word” en dat die land se Olimpiese beheerliggaam sy gedrag as “onaanvaarbaar” ag.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.


 

- SAPA

Lees meer oor: khotso mokoena  |  atletiek  |  asa

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Dante sê... Dit lyk vir my of ons probeer verloor, maar ons kan dit net nie regkry nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

320i EXCLUSIVE (E90)
2010
R 249,900.00

OPEL

Corsa 1.4 Utility MY04
2005
R 64,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4 Citi Rhythm 5-dr
2007
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.