ASA gaan weer beheer oorneem
2010-09-05 13:55
Kaapstad - Suid-Afrika se Olimpiese Komitee, Saskok, sê Atletiek Suid-Afrika sal op 18 September weer beheer oorneem van die land se atletiek, het RSG op hul webwerf berig.
Saskok sal die oorhandiging doen as die nuwe ASA-raad verkies word.
Die Olimpiese komitee sê sewe nuwe raadslede sal verkies word om diegene wat bedank het,te vervang.
Die toekoms van geskorste ASA-lede, onder wie die president, Leonard Chuene, sal deur die nuwe raad bespreek word.
Saskok het tydelik beheer van ASA oorgeneem, toe die hele uitvoerende raad weens finansiële ongerymdhede geskors is.
- Volg Nuus24 op Twitter.