ASA: Chuene het Caster 'uitstekend' hanteer

2009-09-14 07:11
Tweets Share Share line Print

Retha Grobbelaar

Johannesburg - Leonard Chuene, Atletiek Suid-Afrika (ASA) se president, het die omstredenheid rondom Caster Semen­ya “uitsonderlik goed” hanteer en hy moet aanhou om die land se atlete te verdedig.

Dít was een van die resolusies wat ASA se algemene raad oor die naweek op ’n vergadering in Pretoria aanvaar het.

Molatelo Malehopo, ASA se algemene bestuurder, het gister gesê daar was geen versoek van die algemene raad dat enigiemand, insluitend Chuene, moet bedank nie.

“Die raad was onomwonde in sy ondersteuning,” het hy gesê.

ASA is ook geprys vir die ondersteuning wat hy aan Semenya gegee het.

Die steun vir Chuene en ASA se bestuur volg nadat Makhenkesi Stofile, minister van sport en ontspanning, Vrydag gesê het ASA moet sy rol in die Semenya-sage aan hom verduidelik.

Die DA het gister ook gesê ASA moet sy “onvermoë om die regte van ’n Suid-Afrikaanse atleet te beskerm” aan die portefeuljekomitee vir sport en ontspanning verduidelik.

Die raad eis verder dat die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) verskoning vra aan Semenya, haar familie en die res van Suid-Afrika.

“Die IAAF het versuim om die vertroulikheid wat ’n saak van sulke sensitiwiteit benodig, in ag te neem,” lui ’n resolusie.

’n Wetenskaplike en regspan is ook aangewys om die Semenya-sage verder met die IAAF te bespreek. Chuene moet sy bedanking van die IAAF-raad terugtrek, het die raad gesê.


- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Johannes sê... Skrums gaan nog vir dekades 'n kopseer bly. Sedert die "crouch, touch, pause, engage" ding begin is neem dit ±7 sekondes om 'n skrum te vorm, waarvan 43% in elkgeval ineenstort. Ek kan nounog nie verstaan waarom 'n speler gestraf word as hy sy hand op die grond plaas nie, probeer hy nie keer dat die skrum in duie stort nie, want dit gee hom tog nie enige voordeel bo sy teenstander nie, eerder ‘n nadeel? Dit laat my so daaraan herinner, hoeveel wedstryde weens strafskoppe gewen is in die verlede, a.g.v. optel in die lynstaan...en nou? Ek dink dit het tyd geraak dat skrumspesialiste (nie skeidsregters) ‘n studie aan die IRR voorlê vir ‘n vereenvoudiger weergawe van die skrum, want geen skeidsregter het ooit in 'n skrum gesak nie en daarom kan hulle tog nie die reëls voorstel en maak nie. Ek is oortuig hulle blaas op die ingewing van die oomblik by "skrumoortredings". Interessant hoe van die skeidsregters stadig maar seker besig is om die skrum te probeer vermy in wedstryde. Verlede Saterdag in die Bulls/Speers wedstryd, net 4 skrums, Sondag in die Wallis/Ierland wedstryd slegs 3, almal in die eerste helfte. Dit is nie 'n grys- nie, maar swart area in rugby wat ernstige aandag MOET kry, want afgesien van die hordes strafskoppe wat skrums in die verlede opgelewer het kan ek nie sien hoe daar EEN skrum kan plaasvind sonder dat daar 'n strafskop gegee gaan word, onder hierdie NUWE stel vereistes, daargestel deur onkundiges. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bfn: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IT Support Consultant

Bryanston, Sandton, South Africa
Key Recruit
Market Related

Integration Web Developer

Rosebank
Nu Beginnings
Market Related

Sales Consultants Wanted

Hyde Park, Sandton 2196, South Africa
UDM International (Pty) Ltd
R10000 - R26000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CITROEN

C2 1.6i VTS 3-dr
2008
R 92,995.00

TOYOTA

Hilux 2400 LWB Dsl MY98
2004
R 95,995.00

FORD

Figo 1.4 Trend 5-dr
2012
R 124,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.