ANC-jeugliga soek Chuene terug
2010-06-10 11:41
Johannesburg - Die ANC-jeugliga dring daarop aan dat Leonard Chuene, die voormalige president van Atletiek Suid-Afrika (ASA), in sy pos heraangestel word nadat die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF), Woensdag beslis het dat Caster Semenya wel as 'n vrou aan byeenkomste mag deelneem.
Die jeugliga het gesê, "Uiteindelik bring die IAAF se besluit 'n einde aan die gerugte deur mense wat gekant is teen die bevordering van SA se voorheen benadeeldes".
Floyd Shivambu, die ANC-jeugliga se woordvoerder, het gesê Chuene moet onmiddelik as president van ASA heraangestel word.
Volgens Shivambu regverdig die IAAF se besluit Chuene se pogings om alles moontlik te doen vir die beskerming van Semenya se atletiekloopbaan.
- Lees meer by timeslive