5 000 dwelmtoetse by 2012 Spele
2010-04-07 15:36
Londen – ‘n Rekord-aantal dwelmtoetse sal by die 2012 Olimpiese Spele in Londen uitgevoer word, het die organiseerders Woensdag aangekondig.
Sowat 5 000 toetse sal uitgevoer word, heelwat meer as die 4 500 wat gedurende die 2008 Beijing Spele gedoen is en waarvan 20 mense positief getoets het.
Die Londense organiseringskomitee (LOCOG) sal die program uitvoer onder die beheer van die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK).
Verder sal 1 200 dwelmtoetse by die 2012 Paralimpiese Spele gedoen word.
“Ons het ‘n sterk boodskap nodig dat dwelms nie welkom is by die Londense Spele nie,” het Debbie Jevans, LOCOG se direkteur van sport, gesê.
- Sapa - AFP