100ste SA Ope gaan Durban toe

2010-07-28 10:11
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die swaks bewaarde geheim in Suid-Afrikaanse gholf is Dinsdag eindelik amptelik aangekondig toe die organiseerders van die Suid-Afrikaanse Ope bevestig het dat vanjaar se toernooi by die Durban-buiteklub sal plaasvind.

Die land se oudste Ope-toernooi vind van 16 tot 19 Desember die 100ste keer plaas – en groot trekpleisters soos onder andere Retief Goosen, Tim Clark, Ernie Els en die nuwe Britse Ope-kampioen, Louis Oosthuizen, behoort almal daar te speel.

Els en Clark is deel van die indrukwekkende lys van voormalige SA Ope-kampioene by die Durban-buiteklub, wat ook Bobby Locke, Gary Player, Wayne Westner en Tony Johnstone insluit.

Els het die toernooi in 1998 in die kusstad gewen, terwyl Clark suksesvol was by albei die vorige geleenthede dat die nasionale Ope in Durban was (2002 en 2005).

Die Durban-buiteklub het die SA Ope reeds 16 keer aangebied.

Dít is meer as enige ander klub in Suid-Afrika.

“Ons is verheug om die Durban-buiteklub as ons gasheer vir die 2010-toernooi te hê,” het Mbali Ngqula, besturende direkteur van die organiseerder Dlamini Weil Communications, gesê.

“In ag genome hoe ’n kleurryke geskiedenis dié baan as gasheer vir die nasionale Ope is, is dit gepas dat hy die 100ste uitgawe sal aanbied.”

Die aankondiging is met ewe veel vreugde deur die Sonskynreeks se kommissaris, Gareth Tindall, aangehoor.

“Die SA Ope het in die laaste paar jaar van krag tot krag gegaan – en dis waarlik een van die grootste sportgebeurtenisse wat nou in Suid-Afrika gehou word,” het Tindall gesê.

“Ons is verheug dat ons vanjaar na die Durban-buiteklub sal gaan vir die toernooi.

“Dis wonderlike nuus vir ons beroepspelers en verdere bewys van hoe vasberade ons is om ’n erfenis vir die SA Ope te bou, deur dit op die land se voorste bane aan te bied.”

Intussen het die Europese Reeks gister aangekondig dat sy 2010-’11-seisoen weer, soos verlede Desember, in Suid-Afrika sal begin.

Die Alfred Dunhill-toernooi buite Malelane is sedert verlede jaar die eerste toernooi in die Europese Reeks se skedule.

Vanjaar word dit van 9 tot 12 Desember beslis. Daarna volg die SA Ope, en in Januarie die Afrika-ope in Oos-Londen (6 tot 9 Januarie) en Joburg-ope (13 tot 16 Januarie).

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: ernie els  |  retief goosen  |  sa ope  |  gholf

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline MY05
2007
R 135,990.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX Dsl PU MY07
2012
R 319,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.