‘n Verdoorn in hidrobreking se vlees
2011-08-12 14:36
Kaapstad – Die enigste boordery wat in die Karoo toegelaat moet word, is ‘n skoon boorgat vir water, meen Gerhard Verdoorn, bekende in natuurkringe en ‘n teenstander van Shell se beoogde projek van hidrouliese breking.
Verdoorn, met ‘n PhD in chemie agter sy naam, is uitgesproke oor hidrouliese breking in die Karoo om skaliegas te ontgin. Hy het gesê die besoedeling van die waterbronne in die Karoo deur hidrouliese breking is ‘n uiters groot risiko en lei tot onomkeerbare skade.
Hy het gesê chemikalieë word ondergronds gebruik word om ‘n chemiese reaksie te kry om lae gesteentes van mekaar weg te druk, wat met ‘n kleinskaalse bomontploffing vergelyk kan word.
Dié middels besoedel die ondergrondse water. Enige maatskappy wat dié ontginning doen, kan géén waarborg gee dat die ondergrondse water nie besoedel sal word nie, voeg hy by.
– Lees die volledige storie hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Landbouweekblad