‘n Pienkvoet of ‘n bulletjie?
2010-05-14 04:30
Kaapstad – Baie vrouens is teleurgesteld wanneer hulle die geslag van hul babas uitvind en dit is nie waarvop hulle gehoop het nie.
Volgens Geraldine Holden, inhoudsredakteur van Mumset is die teleurstelling oor ‘n spesifieke geslag ‘n baie gewilde tema onder vrouens.
“Baie vrouens voel skuldig omdat hulle hul baba se geslag voor die tyd uitgevind het.”
Graham W. Price, ‘n sielkundige sê vrouens wil oor die algemeen meestal meisies hê terwyl mans albei geslagte goedkeur.
“Teleurstellings oor sekere geslagte kan mans netso erg affekteer soos vrouens. Dit neem mans gewoonlik langer om oor die teleurstelling te kom,” het Price gesê.
Volgens Price dink baie ouers hulle kan die een geslag beter as die ander een verstaan.
- Vir die volledige storie besoek Telegraph.
Volg Nuus24 op Twitter.