'n Gogga-dieet is die antwoord
2011-01-18 22:00
Wageningen – Wil jy die reënwoud red, jou gesondheid verbeter, minder lugbesoedeling veroorsaak én jou kosbegroting rek? Eet goggas.
Goed soos meelwurm-quiche of ‘n heerlike sprinkaan-vulsel, is skynbaar die antwoord vir die globale voedselkrisis én aardverhitting.
Volgens ‘n Nederlandse wetenskaplike, Arnold van Huis, sal goggas in plaas van skaaptjoppies op jou bord ook die landbou- en waterskaarste oplos.
'n Gogga-dieet sal beslis jou koolstof-voetspoor kleiner maak.
Dié Wageningen Universiteit-professor sê dat insekte meer proteïenryk is as beesvleis.
Dis ook baie goedkoper.
Hy is besig om aan ’n kookboek te werk wat juis daarop gefokus is.
Kinders, sê die professor, het nie ‘n probleem met goggas eet nie.
“Grootmense se eetgewoontes is reeds gevestig.
“Slegs deur die kosse te probeer en dit self te proe, sal mense hul gewoontes kan verander.
“Dis alles psigologies,” sê hy.
Hy het ‘n reeks lesings en demonstrasies deur top-sjefs gereël om mense aan die wondere van gogga-resepte voor te stel.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters