iPod vier 10 jaar
2011-11-15 08:18
Londen – ‘n Dekade gelede het mense nog met CD-Walkmans rondgeloop en nou vier die iPod reeds sy tiende bestaansjaar.
Die eerste van die Apple musiekspelers het in November 2001 op winkelrakke verskyn met genoeg geheuespasie vir “1 000 liedjies in jou sak”.
Terwyl dit baie gevorderd vir die tyd was, kan die jongste iPod Touch nou 14 000 liedjies stoor.
Die geheimhouding was so groot rondom sy bekendstelling dat alle prototipes in houers so groot soos skoenbokse geberg is, sodat niemand die toestel se grootte kon bepaal nie.
Die iPod se naam is uitgedink deur die kopieskrywer Vinnie Chieco, wat sy inspirasie gekry het van die sin “Open the pod bay door, Hal!” in Stanley Kubrick se film A Space Odyssey.
– Lees meer by iol
– Volg Nuus24 op Twitter