iPod op straat dalk onwettig
2011-01-25 14:02
Little Rock – Onbewuste drawwers wat met iPods rasende die strate invaar sal dalk binnekort nie net moet dophou vir motors nie, ook swaaiende oorfone.
Wetgewers in Arkansas en New York stel beperkings op die gebruik van selfone en musiekspelers soos iPods deur voetgangers en drawwers voor.
Senator Jimmy Jeffress se voorstel sal dit onwettig maak om met musiek al rasende met oorfone op die sypaadjie te loop of draf. As die musiek net in een oor speel, is dit egter piekfyn.
‘n New York-wetgewer het ook ‘n wet teen voetgangers se gebruik van elektroniese toestelle, selfone ingesluit, in stede met ‘n populasie groter as ‘n miljoen voorgestel.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AP