iPhone5 dalk gou op rakke
2011-07-08 13:27
Kaapstad – Apple-verskaffers het begin om die nuwe weergawe van die iPhone, wat na verwagting in September vrygestel gaan word, te vervaardig.
Die nuutste spogproduk van Apple sal na verwagting ligter as verlede jaar se iPhone4 wees en sal waarskynlik sonder ‘n kabel gelaai kan word, het berigte gelui.
The Wall Street Journal het Woensdag uit Taipei, Taiwan, waar ‘n paar sleutel-verskaffers van die maatskappy gebaseer is, berig dat die nuwe weergawe ook ‘n agt-megapixel-kamera sal insluit.
Volgens die koerant mik Apple om 25 miljoen eenhede “teen die einde van die jaar” uit te voer.
Digitimes, ‘n elektroniese koerant wat in Taiwan gebaseer is, het berig dat Pegatron, ‘n maker van skootrekenaars, bestellings ontvang het vir 15 miljoen iPhone5- of iPhone4S-toestelle wat in September uitgevoer moet word.
– Lees meer by die Mail & Guardian.
– Volg Nuus24 op Twitter