iPhone-wekker laat talle Britte verslaap
2010-11-02 09:04
Londen – Talle Britse iPhone4-gebruikers was glo Maandag laat vir werk nadat ’n sagteware-probleem verhinder het dat die foon se alarm aanpas toe die land se horlosies ná die afgelope somertyd aangepas is.
Talle snedige opmerkings is op Twitter gemaak, hoewel die res van die foon se programme die tyd outomaties aangepas het. Apple het nie onmiddellik gereageer nie.
Brittanje het sy horlosies Sondag met een uur teruggestel van Britse Somertyd (Daylight savings time) tot Greenwhichtyd.
Die probleem kan vermy word deur alarms daagliks nuut te stel in plaas daarvan dat dit outomaties dieselfde tyd wek.
- Die Burger