iPhone se nuwe prototipe in kroeg verloor
2011-09-01 15:27
San Francisco – ‘n Nuwe weergawe van Apple se iPhone het in ‘n kroeg verlore geraak en ‘n soortgelyke verleentheid verlede jaar herhaal.
‘n Werknemer van die tegnologiereus het die nuwe iPhone-model, wat nog nie vrygestel is nie, in Julie by ‘n tequilakroeg in San Francisco verloor, het die webtuiste CNET berig.
Apple het die slimfoon se spoor na ‘n huis in San Francisco gevolg, maar die eienaar van die huis het kennis van die verlore iPhone ontken.
Die verlore iPhone is glo ‘n prototipe van ‘n nuwe weergawe wat moontlik in September of Oktober vrygestel sal word.
Die nuutste voorval van ‘n iPhone-prototipe wat verlore geraak het volg kort op die nuus van ‘n Amerikaanse aanklaer wat klagtes teen ‘n tegnologie-blog laat vaar het oor hulle verlede jaar ‘n verlore prototipe van die iPhone 4 in die hande gekry het.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP