iPhone-program verander tweets in nuusbrokkies
2011-02-01 11:02
Kaapstad - Internetgebruikers beweeg al hoe meer na sosiale media-webwerwe om nuusgebeure uit te snuffel en op hoogte te bly.
Smartr, ‘n iPhone-program wat in Desember bekendgestel is, is geskep vir diegene wat na Twitter gaan om hul daaglikse nuus-kennis in te win.
Smartr gebruik al die tweets in die gebruiker se Twitter-tydlyn en bepaal watter van hulle enige betekenisvolle inhoud bevat.
Die program kry dan al die webblaaie wat in die tweets gebruik is en optimiseer die inhoud – teks, foto’s en video – vir die iPhone.
In plaas daarvan dat die gebruiker tweets sien sal die Smartr-gebruiker nuusbrokkies sien.
Lees meer by Mashable
Volg Nuus24 op Twitter