iPhone-guru verlaat Apple te midde chaos
2010-08-08 04:02
Kalifornië - 'n Beampte van Apple Inc. wat ondermeer verantwoordelik was vir die hardeware van die iPhone, verlaat die maatskappy te midde antenna-probleme met die nuutste weergawe van die slimfoon.
Apple is gedwing om 'n gratis hersteldiens aan te bied ná verbruikers gekla en talle media-organisasies probleme met hul oproepe aangemeld het.
Mark Papermaster, Apple se senior adjunkpresident van iPhone- en iPod-hardeware, verlaat die maatskappy, het Steve Dowling, 'n woordvoerder, gesê.
Dowling wou egter nie sê of Papermaster bedank en of hy in die pad gesteek is nie.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP