iPhone 4S-verkope in China opgeskort
2012-01-13 08:45
Beijing – Apple het die verkope van die iPhone 4S in China opgeskort nadat desperate klante met 'n sekuriteitswag baklei en 'n beampte met eiers gegooi het om hul hande op die slimfoon te kry.
"Die aanvraag vir die iPhone 4S is ongelooflik; dit is reeds uitverkoop in China," het Carolyn Wu, woordvoerder van die maatskappy, gesê.
"Ongelukkig kon ons weens 'n groot skare nie ons winkel in Sanlitun (in Beijing) oopmaak nie, en moes die veilgheid van ons klante en werknemers verseker."
Sy het gesê iPhones sal in die tussentyd nie in Apple-winkels in Beijing en Sjanghai beskikbaar wees nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- AFP