iPhone 4S breek reeds rekords
2011-10-11 11:51
New York – Voorafbestellings vir Apple se nuwe iPhone 4S het die miljoen-kerf verbygesteek en die rekord vir verlede jaar se model gebreek.
Die Amerikaanse maatskappy en verskeie selfoonmaatskappye in Amerika, Brittanje, Australië, Kanada, Frankryk, Duitsland en Japan het Vrydag bestellings begin neem voor die slimfoon Vrydag daar op die rakke verskyn.
Die nuwe model het ‘n vinniger verwerker en ‘n verbeterde kamera, maar sommige beleggers is teleurgesteld omdat die maatskappy nie ‘n drasties opgeknapte nuwe model sal vrystel nie.
Die Amerikaanse selfoondiensverskaffer AT&T het gesê hy het reeds meer as 200 000 bestellings vir die iPhone 4S in die eerste 12 uur ontvang, wat die nuwe iPhone die mees suksesvolle model tot op hede maak.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.