iPhone 4 verkoop soos soetkoek
2010-06-28 14:25
San Fransisco - Apple se nuutste iPhone 4 vlieg van die winkelrakke af, maar gelukkig het kopers nog Vrydag kans gehad om dié foon by 'n paar winkels in Amerika te kry.
Dié foon is 'n dag ná die bekendstelling by die meeste Apple-takke uitverkoop.
"Die aanvraag vir die iPhone4 is groot. Ons werk hard om dit so vinnig as moontlik by almal te kry," het Natalie Kerris, 'n woordvoerder van Apple, gesê.
Sy het gesê daar is 'n handvol winkels waar die iPhone nog beskikbaar is.
Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters